Lidmaatskap

Lidmaatskap

Die Menlobond nooi u graag uit om ’n lid te word. Lidmaatskap tot die Menlobond is nie outomaties nie en heeltemal vrywillig. Dit is vir ons belangrik om u terug by die doen en late van die skool te verwelkom en deel te hou van die Menlo-manier!

Lidmaatskap tot die Menlobond bied aan alle Menlo-alumni en vriende van Menlo die geleentheid om in kontak te bly met die hartklop van die skool en te help om die Menlo-manier vir generasies te bewaar. As lid van die Menlobond ondersteun u die skool, sy nalatenskap asook volhoubaarheid. Lede geniet ook voordele soos toegang tot die Menlobond klerereeks, afslag op parkering en toegang tot BBP-areas by sport- en kultuurgeleenthede by die skool, afslag op sekere items in die aanlynwinkel – om net ’n paar te noem! Elke nuwe lid ontvang ’n lidmaatskapkaart wat u in staat stel om hierdie voordele by skoolgeleenthede te geniet.

Lidmaatskap tot die Menlobond behels slegs ’n eenmalige lidmaatskapfooi. Ons beskou die lidmaatskapfooi as ’n donasie aan die skool.

SLUIT AAN IN 3 EENVOUDIGE STAPPE
  1. Besluit op die korrekte lidmaatskap-opsie
  2. Betaal die lidmaatskapfooi
  3. Stuur asseblief bewys van betaling na menlobond@menlopark.co.za

Welkom!

BETALINGSOPSIES

LIDMAATSKAP-OPSIES

Menlobond Alumni Studente lidmaatskap

R100Eenmalig
  • Alle oudleerders vir 3 jaar na matriek. Daarna sal die vol fooi betaalbaar wees

Menlobond Alumni lidmaatskap

R350Eenmalig
  • Alle oudleerders en -personeel van die Die Hoërskool Menlopark

Menlobond algemene lidmaatskap

R500Eenmalig
  • Ondersteuners en vriende van Die Hoërskool Menlopark

Menlobond Lewenslange lidmaatskap

R5 000Eenmalig
  • Enige oud-leerder, -personeellid of vriend van Die Hoërskool Menlopark